Gebruik hierdie brosdeeg resep. Maak drie maal die hoeveelheid, maar bedek dit met kleefplastiek en hou 3 uur lank in die yskas voor jy dit gebruik.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny sirkels met ’n deursnee van 20 cm uit die deeg.
Vulsel:
400 g beesvleis, in blokkies gesny
300 g aartappel, geskil en in blokkies gesny
150 g witwortel, geskil en in blokkies gesny
150 g uie, geskil en in halwe ringe gesny
5 mℓ sout
1 eier, geklits
Deel die vulsel op tussen die deegsirkels.
Plaas die vulsel in lae op die deeg met die vleis heel bo.
Vou die sirkels in die helfte om met die vulsel aan die binnekant. Vou die kante om en druk vas.
Bak in die oond tot goudbruin. Dit kan tot ’n uur neem.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment