Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2020

Drywende meringue-eilande / Floating Island Dessert

Crème anglaise (eiervla)
4 eiergele
125 ml strooisuiker
7 ml mielieblom
500 ml volroommelk
5 ml vanielje-ekstrak (of -geursel)
Karamel
375 ml suiker
125 ml water
60 ml water
5 ml vanielje-ekstrak (of -geursel)
Meringue-eilande
4 eierwitte
200 ml strooisuiker
150 ml melk
375 ml water
125 ml gekapte neute-broslekker om oor te sprinkel

Vir die eiervla: Klits die eiergele en strooisuiker saam tot liggeel. Voeg die mielieblom by en klits deur. Voeg 50 ml van die melk by die eiermengsel en klits deur. Verhit die res van die melk tot net onder kookpunt. Voeg die helfte daarvan by die eiermengsel en roer goed. Giet alles terug in die kastrol en verhit stadig oor lae hitte tot die vla net dik genoeg is om die agterkant van ’n lepel te bedek. Verwyder van die hitte en hou eenkant.

Vir die karamel: Verhit die suiker en 125 ml water saam tot die suiker alles opgelos is. Verhit tot kookpunt en laat borrel tot ’n ligte karamelkleur. Voeg die water en vanielje-ekstrak by (versigtig, dit sal woes begin kook en borrel). Verhit weer tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word en prut vir ’n paar minute. Hou eenkant.

Vir die eilande: Klits die eierwitte in ’n skoon glas- of metaalbak tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by en hou aan klits tot die meringue blinkwit en dik is. Verhit die melk en water saam in ’n groot, diep pan tot kookpunt. Skep groot eetlepels vol van die meringue in die kokende melk-en-water-mengsel. Kook vir sowat 30 sekondes aan die een kant, draai om en kook vir nog 30 sekondes aan die ander kant. Die meringue gaan heelwat groter word soos dit kook. Lig uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op ’n fyn draadrak. Herhaal die proses met die res van die meringue.

Om voor te sit: Skep ’n lagie crème anglaise (eiervla) onder-in poedingbakkies. Skep ’n meringue-eiland of twee bo-op die vla. Drup ’n eetlepel van die karamel bo-oor en rond die poeding af deur ’n bietjie gekapte neutebroslekker (pralien) bo-oor te sprinkel. Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment