Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/03/2020

Suurlemoen-soufflé / Lemon Soufflé

85 g suiker
Gerasperde skil van 2 suurlemoene – gebruik die fynkant van die rasper
280 mℓ melk
2 eetlepels meel
28 g botter
3 eiergele
4 eierwitte
’n bietjie gesifte versiersuiker
Berei ’n soufflé-bak van 17,5 cm voor.

Verhit die oond op 190°C.

Meng 3 eetlepels van die melk met die meel tot glad.
Verhit die orige melk tot net kort van kookpunt, voeg die suurlemoenskil en die suiker by en maak toe, verwyder van die hitte en laat staan vir 7 minute.

Sit dan die kastrol terug op die plaat en voeg die meelmengsel bietjie vir bietjie by terwyl jy dit roer.
Moet dit nie langer as 3 sekondes kook nie. Verwyder dit van die hitte en stip met die botter.
Plaas die deksel op en laat 5 minute staan.

Klop elke eiergeel apart by. Klop die eierwitte styf en vou een eetlepel daarvan in die mengsel met ’n metaallepel. Vou nou die res by.
Bak dit 20 minute lank.

Trek die oondrak met die soufflé daarop uit en sprinkel gesifte versiersuiker oor. Bak vir nog 5 minute tot die suiker karamelliseer.

Bedien dadelik.



(foto: Ashley Gale)

No comments :

Post a Comment