Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2020

Gebakte uie met witwyn-en-sampioen-sous / Baked onions with wine-mushroom sauce

Verhit 2 eetlepels botter in ’n pan oor lae hitte en roer 2 eetlepels broodmeel by. Voeg dit bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend.
Roer ’n blikkie sampioenroomsop bygevolg deur ’n halwe koppie witwyn.
Voeg ’n halwe koppie gevlokte amandels by – die amandels moet gekap wees.
Geur met sout en peper na smaak.
Nou voeg jy ’n halwe koppie gerasperde kaas by en meng goed.
Voeg twee hande vol geskilde klein uie by.
Gooi alles in ’n gesmeerde oondbak en strooi ’n hand vol gerasperde kaas oor. Bak by 180°C vir 20 minute.

Al wat jy nou nodig het, is ’n dik sny witbrood gesmeer goeie botter en natuurlik die res van daai bottel witwyn wat jy moes oopmaak vir die resep.

No comments :

Post a Comment