Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/12/2020

Spinasie-roulade / Spinach Roulade

450 g spinasie, skoongemaak en stingels verwyder
15 g botter
Sout en peper
4 eiers, geskei
Parmesaan / sterk cheddar, gerasper

Vulsel:
70 g sampioene, fyngekap
15 g botter
4 teelepels broodmeel
Sout en peper
140 mℓ melk
’n knippie gemaalde neutmuskaat
3 eetlepels room

Voorverhit ’n oond tot 200°C.

Kook die spinasie in soutwater vir 8 minute.
Druk die vloeistof uit die spinasie en maak die groente dan fyn tot ’n moes.
Roer die 15 g botter by en geur na smaak.
Klop elke eiergeel apart by.
Klop die wit van die eiers styf en vou met ’n metaallepel by die mengsel.

Plaas botterpapier op ’n rolkoekpan van 30 cm by 20 cm.
Skep die mengsel uit op die bakpapier en druk dit gou plat tot dit 1 cm dik is. Strooi die kaas dik oor.
Bak dit vir 10 minute op die boonste rak van jou oond tot dit uitgerys en ferm is.

Vir die vulsel soteer jy die sampioene in die 15 g botter.
Roer die meel by en geur na smaak.
Roer die melk by en bring tot kookpunt. Laat dit prut tot dit romerig is. Verwyder dit dan van die hitte.
Roer die neutmuskaat en room by.

Keer die gaar roulade uit op ’n stuk waspapier.
Trek die papier waarop dit gebak is af.
Smeer die vulsel oor en rol op.
Sny die rante netjies af.
Bedien op ’n warm skottel en strooi nog parmesaan oor en garneer met kruie.


(Opsioneel: Gerookte salm kan op die vulsel gepak word daarvoor opgerol word.)

No comments :

Post a Comment