Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/14/2020

Weber se beste braaiboek

Steek die vuur aan en laat Jamie Purviance, Weber se kookkunskonsultant, jou begelei om smaaklike hoender en steak, seekos, groente en nageregte, op jou Weber-braaiketel of -gasbraai voor te berei.

Vir nuwe braaiers verskaf die Inleiding kundige advies om die vier T’s (temperatuur, tyd, tegniek en toerusting) reg aan te wend en verduidelik die verskil van direkte en indirekte hitte, asook om ’n roker te gebruik. Die leser kry omvattende stap-vir-stap instruksies en foto’s om perfekte pizzas, burgers met houding, sappige ribbetjies, borsstuk in Texas-Styl, spithoender en selfs geroosterde heel kalkoen voor te berei.

Weber se beste braaiboek / deur Jamie Purviance — Penguin Random House, September 2020; sagteband. — ISBN 9781432310301

No comments :

Post a Comment