Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/27/2021

Eerste vegan restaurant in Frankryk ontvang ’n Michelin-ster

Die Michelin-gids het die Franse restaurant ONA met ’n gesogte Michelin-ster bekroon. ONA is ’n afkorting van Origine Non Animale, en dit is die eerste veganistiese restaurant in Frankryk wat ’n ster ontvang.

ONA is geopen deur ’n voormalige argeoloog Claire Vallee wat haarself leer kook het. Die restaurant spog met ’n sewe-gang-aand-spyskaart van 59 euro (±R1 100). Die spesialiteite sluit onder meer in ’n geel courgette-ravioli met swart truffel-gnocchi.

Michelin-sterre word deur baie van die wêreld se beste sjefs as ’n kenmerk van die uitsonderlike beskou - om nie eens te praat van hul kliënte nie. Die sterre is nie maklik te bekom nie en word slegs toegeken aan die beste restaurante in elke spesifieke stad in die gids. Ontvangers kry groot aansien en blootstelling saam met die eer, en baie restauranteienaars sien ook 'n toename in sake nadat hulle Michelin-sterre ontvang het.

No comments :

Post a Comment