Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/03/2021

Gin gemaak met olifantmis

Die Suid-Afrikaanse gin (jenewer) Indlovu word gemaak met plante wat uit olifantmis verkry word.

Paula en Les Ansley, albei voormalige professore in verskillende velde van biologie, het van Brittanje na Suid-Afrika verhuis na hul aftrede en het besluit om by te dra tot bewaring en hul plaaslike gemeenskap.

Olifante is baie uitsoekerig oor wat hulle vreet en absorbeer minder as die helfte van wat hulle eet. Die res van hul voedsel bly ongeskonde in hul mis.

Die mis vir Indlovu kom vanaf die Botlierskop Wildreservaat in die Wes-Kaap. Elke bottel bevat die GPS-koördinate van waar die mis opgetel is, asook die datum waarop dit versamel is.

Die Andleys se distilleerdery skenk 15% van die wins aan die Africa Foundation vir die bewaring van olifante.

No comments :

Post a Comment