Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/20/2021

Mine Frite

Mauritius se gebraaide noedels.

3 eetlepels olie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 ui, gekap
¼ kool, gekap
2 wortels, gekap
4 pakkies gaar 2-minuut-noedels – hou ’n ½ koppie van die kookvloeistof
¼ koppie sojasous
Sout en gemaalde peper
2 eiers, geklits

Verhit 2 eetlepels olie in ’n pan en braai die knoffel, ui, kool en wortels vir 5 minute.

Voeg die noedels en sojasous by en laat vir 3 minute deurwarm word. As die mengsel te droog raak voeg jy van die behoue kookvloeistof by.
Geur en hou eenkant.

Verhit die orige olie in ’n skoon pan en gooi die geklitste eier daarin. Maak ’n omelet gaar.
Sny die omelet in repies.

Meng die omelet en noedels en sit voor.

No comments :

Post a Comment