Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/10/2021

McDonald's raak vegan

McDonald's het begin om die McPlant-burger in Denemarke en Swede te verkoop, as ’n toets vir die kitskosreusvoor hulle die aanbod uitbrei na die res van ons.

Die proses het in Januarie op uitgesoekte plekke begin. McPlant, wat McDonald's saam met Beyond Meat ontwikkel het, word volgens die Deense en Sweedse webwerwe van McDonald's van ertjies gemaak. Ertjies bevat heelwat proteïene. Rys-proteïen is ’n sekondêre proteïenbestanddeel, sê McDonald's.

Die McPlant-burger, soos dit tans te koop is, is bedek met kaas, blaarslaai, tamatie, piekels, uie, mayonnaise, mosterd en tamatiesous.

Die burger word op dieselfde rooster as vleis-burgers gaargemaak. Dit is ’n probleem vir diegene wat ’n veganistiese dieet volg. Burger King het dieselfde probleem gehad in 2019 met hul soja-burgers wat op dieselfde rooster as beesvleis en hoender gaargemaak is.

Die Sweedse toets duur tot 15 Maart 2021, terwyl die toets in Denemarke tot 12 April 2021 duur.

Skandinawië is ’n belangrike mark vir plantgebaseerde alternatiewe vir vleis. In 2018 het Unilever vegan Magnum roomys in Swede en Finland begin verkoop.

No comments :

Post a Comment