Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/24/2021

Kerriemaalvleis

Olie
2 kg maalvleis
4 uie, fyn opgesny
4 eetlepels kerrie
1 eetlepel borrie
4 eetlepels blatjang
½ koppie asyn
1 eetlepel suiker
2 koppies wortels, fyn gerasper
3 eetlepels sout
3 groen appels, grof gerasper
2 koppies water
2 kg aartappels, in blokkies gesny
1 pakkie bruinuiesoppoeier

Braai die uie stadig in 4 eetlepels olie vir 5 minute op lae hitte.

Roer die kerrie en borrie by.
Voeg die blatjang, asyn en suiker by en laat stadig prut vir 10 minute oor lae hitte.

Roer die vleis, wortels en sout by. Hou aan roer tot die vleis los is.
Voeg die appel en water by. Laat prut vir 20 minute. Roer af en toe dat die vleis nie brand nie.

Kook intussen die aartappel in ’n klein bietjie water saam met 1 teelepel borrie tot sag.

Gooi die aartappels se water af en voeg dit by die vleis.
Maak die sop aan met ’n ½ koppie water en voeg dit by die vleis.
Laat alles goed deurkook.

Die resep is genoeg vir 12 tot 15 persone.

No comments :

Post a Comment