Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/18/2021

Koperpennie-wortelslaai

1 kg wortels, in ringe gesny
4 uie in skywe gesny
1 soetrissie, grof gekap

Kook die wortels en soetrissie saam tot die wortels halfgaar is.
Meng met die uie.

Sous
1 pakkie tamatieroomsop
2 eetlepels Worcestersous
1 koppie water
1 koppie wit asyn
¾ koppie olie
1 teelepel mosterd
1 koppie suiker

Kook die sous bestanddele saam tot die suiker gesmelt is.
Gooi die sous oor die groente.


No comments :

Post a Comment