250 g stukkies oortollige kalfsvleis
1 wortel, in stukke gekap
1 ui, in stukkies gesny
15 g sout
125 g meel
250 mℓ Fond brun
125 mℓ witwyn
’n hand vol seldery en witwortel, in stukkies gekap
3½ liter water
Verbruin al die vleis en groente saam in ’n groot pot.
Strooi die meel oor en roer met ’n houtlepel.
Gooi die witwyn by en skraap die bodem van die pot skoon met die houtlwepel.
Kook die sous af tot dit halfpad weggekook het.
Voeg die Fond brun en water by en kook vir ’n uur oor lae hitte.
Gooi die sous deur ’n gaasdoek.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment