Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/29/2021

Potgebraaide beesvleis / Pot-roasted Beef

1,2 kg binneboud-braaistuk
1 eetlepel vet
1 ui, met 1 kruinaeltjie daarin gesteek
1 wortel, in skywe gesny
Bouquet garni
Sout
Varsgemaalde swartpeper
¾ koppie rooiwyn
2 teelepels meel
Verhit die vet in ’n kastrol tot dit rokend warm is.

Verbruin die vleis rondom in die vet. Pak die groente en kruie om die vleis.
Gooi die wyn oor die vleis en geur liggies met sout en peper.
Plaas waspapier oor die pot voor jy die deksel opsit. Dit verseker dat die deksel dig sluit.
Plaas die kastrol in ’n 160°C voorverhitte oond.

Dit neem omtrent 2 tot 3 uur vir die vleis om gaar te raak.

Verwyder die vleis uit die kastrol en gooi die vloeistof deur ’n sif of doek.
Voeg die meel by die sous en kook vir ten minste 5 minute terwyl jy gereeld roer.

Sny die vleis in skywe en gooi die sous daaroor.

No comments :

Post a Comment