Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2021

Salm in sjampanje / Saumon su Champagne

Smeer die bodem van ’n oondbak met botter.
Pak ’n paar gekapte salotte en groente van jou keuse in die oondbak.
Pak dik skywe salm op die groente.
Gooi helfte visaftreksel en helfte vonkelwyn oor die vis tot dit ten minste halfpad bedek is.
Plaas in ’n voorverhitte oond by 200°C.

Verwyder die vis wanneer dit gaar is, dreineer die sous en hou die vis warm.

Gooi room by die sous (½ koppie per 1 koppie sous).
Kook die sous af tot dit met die helfte verminder het.
Geur met sout en peper na smaak.
Gooi nou ’n klont botter by en klop met die hand tot die botter opgelos is.

Gooi die sous oor die vis en bedien.

No comments :

Post a Comment