Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/13/2021

Franse meringue

Franse meringues is die mees algemene soort. Gebruik dit dadelik omdat hulle nie hul vorm so lank behou nie.

4 groot eierwitte
½ teelepel kremetart
1 koppie strooisuiker
½ teelepel vanielje-geursel

Klits die eierwitte en kremetart saam tot stywe punte vorm. Dit neem ongeveer 3 minute.
Voeg 1 eetlepel suiker geleidelik by op ’n keer, 1 minuut uitmekaar.
Vryf ’n bietjie meringue tussen jou vingerpunte om te toets of die suiker opgelos het. Klits dan die vanielje by.
Skep in ’n spuitsak en gebruik.

No comments :

Post a Comment