Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/24/2021

Gebakte kwepers / Baked Quinces

3 groot kwepers, gewas, die donse afgevryf en in kwarte gesny
Sap van 1 suurlemoen
90 mℓ botter
125 mℓ suiker
50 mℓ water

Voorverhit die oond tot 180°C.

Plaas die kwepers in ’n oondroosterpan en drup die suurlemoensap oor. Stip die kwepers met die botter en strooi die suiker oor.
Gooi die water in die pan.
Bak 1½ uur tot sag. Draai die kwepers so nou en dan om.

Bedien saam met lamsvleis of as nagereg met room.

Die resep lewer 6 porsies.

No comments :

Post a Comment