Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/15/2021

Tamatieslaai met suurroom en bloukaas / Tomato Salad with Sour Cream and Blue Cheese

½ rooi ui, in ringe gesny
3 groot, ferm tamaties, in ringe gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
100 mℓ suurroom
’n stukkie bloukaas, na smaak
5 mℓ brandewyn
Gesnipperde grasuie

Versprei die helfte van die tamatie oor die bodem van ’n slaaibord.
Versprei die helfte van die uieringe oor die tamatie.
Geur met sout en peper.
Herhaal met die res van die tamatie, uie en geursel.

Klits die room en bloukaas saam tot die room verdik en die kaas opgebreek is.
Roer die brandewyn by.

Skep die sous oor die slaai en strooi die grasuie oor.
Plaas dit in die yskas vir 30 minute voor jy dit bedien.

Moet nie die slaai te lank laat staan nie, dit sal waterig raak.

Die resep in genoeg vir 4 persone.

Hierdie tamatieslaai is veral geskik vir kerrie en geroosterde geregte.

No comments :

Post a Comment