1 skoongemaakte hoender
30 g botter
3 repe spek
1 ui, in skywe gesny
1 wortel, in skywe gesny
1 selderysteel, in skywe gesny
Bouquet garni
Sout en peper
Smelt die botter in ’n kastrol en braai die hoender rondom bruin.
Verwyder die hoender en gooi die vet af.
Plaas die spek onder in die kastrol en plaas die hoender bo-op.
Pak die groente rondom die hoender.
Voeg die kruie by en geur met sout en peper.
Bedek die kastrol met foelie voor jy die deksel terugplaas.
Plaas op lae hitte vir 2½ tot 3 uur. Hou die deksel net op vir die eerste 1½ uur.
Die hoender is gaar wanneer dit sag is.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment