Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/19/2022

Kondensmelk—kaaskoek

200 g bros beskuitjies (kyk by jou naaste supermark), verkrummel
150 g botter, gesmelt
500 g roomkaas
1 blik kondensmelk
Skil van 1 suurlemoen, gerasper
3 eiers

Verhit die oond tot 160°C.

Voer ’n tertbak uit met bakpapier.

Meng die koekiekrummels en gesmelte botter saam.
Druk vas op die bakplaat.

Klits die roomkaas, kondensmelk, skil en eiers saam.
Gooi dit oor die kors en plaas in die oond.
Bak vir 40 minute.

Laat dit afkoel voor jy dit voorsit.

No comments :

Post a Comment