Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


3/02/2022

Kamma wildsvleis

Een skaapboud, ontbeen en gestop met spek

Marinade
¼ teelepel kruinaeltjies
2 teelepels gemaalde koljander
2 eetlepels bruinsuiker
2 teelepels sout
¼ teelepel peper
Knippie neutmuskaat
1 koppie asyn

Meng die bestanddele vir die marinade.
Plaas die vleis in ’n diep bak en gooi die marinade oor. Laat staan vir 24 uur. Draai dit om na 12 uur.

Haal die vleis uit die marinade, droog dit af en braai in ’n pot of die oond tot sag. Voeg ½ koppie soetwyn by ongeveer 30 minute daarvoor sag is.

No comments :

Post a Comment