Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/16/2022

Mosselquiche

Deeg
375 mℓ meelblom
1 mℓ sout
100 g botter, in blokkies gesny
5 mℓ suurlemoensap
50 mℓ koue water

Gebruik ’n voedselverwerker om die deeg te maak. Plaas eers die meel, sout en botter daarin en meng goed. Hou die masjien aangeskakel en voeg die suurlemoensap en water stadig by deur die voerbuis. Hou dit aan tot die mengsel ’n bal vorm.
Draai die deeg toe in plastiek en verkoel vir 1 uur.
Rol die deeg uit en voer ’n 24 cm riffelpan daarmee uit.
Bedek die deeg met waspapier en vul tot by die rand met droë boontjies.
Verhit ’n oond tot 200°C met ’n bakplaat daarin.
Wanneer die oond die regte temperatuur bereik plaas jy die riffelpan op die bakplaat en bak vir 10 minute.
Verwyder die papier en boontjies en bak nog 5 minute.

Vulsel
20 mℓ kookolie
2 preie, fyngekap
1 blik mossels (225 g), gedreineer en grof gekap
3 eiers
250 mℓ melk
125 mℓ room
’n knippie neutmuskaat
2 mℓ sout
5 mℓ meelblom
Paprika

Verhit die olie in ’n kastrol en voeg die preie by. Plaas die deksel op en laat dit stadig sweet tot sag.
Dreineer die preie op ’n papierhanddoek.
Klits die eiers, melk, room, neutmuskaat en sout.
Strooi die 5 mℓ meelblom op die tertdop.
Rangskik die preie en mossels op die tertdop.
Gooi die eiermengsel versigtig in die dop en strooi die paprika oor.
Bak vir 40 minute of tot dit net gestol het.

Sit die quiche onmiddellik voor.

Die resep vir mosselquiche is genoeg vir 6 tot 8 persone.

No comments :

Post a Comment