Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/06/2022

Klein-Karoo hoender in wyn

1 kg hoender, skoongemaak
Blikkie pynappelstukke

Marinade
½ koppie olie
1 koppie droëwyn
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels tamatiesous
Sout en peper
1 eetlepel Worcestersous
Knypie marjolein
Knypie tiemie
Knypie gemaalde gemmer

Meng al die bestanddele vir die marinade.

Plaas die hoender in ’n oondskottel en gooi die marinade oor. Laat staan vir 24 uur.

Bak in ’n 180°C tot gaar. Ongeveer 30 minute daarvoor gaar is gooi jy die pynappelstukke by.

Bedien die hoender warm op rys.

No comments :

Post a Comment