Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/01/2022

Parmesaanbroodjies / Parmesan Bread

6 Individuele broodjies.

250 mℓ semelryke bruismeel
250 mℓ bruismeel
100 g gerasperde parmesaan
4 sprietuie, gekap
30 mℓ fyngekapte pietersielie
2 mℓ sout
500 mℓ karringmelk

Meng alles, behalwe die karringmelk, goed saam.
Gooi die karringmelk agterna by en meng.
Verdeel die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan.
Bak teen 180°C vir omtrent 40 minute tot gaar.

Sit warm voor met botter.

No comments :

Post a Comment