Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/27/2022

Geurige Gamka hoender

1 hoender, skoongemaak en in stukke gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 pakkie sampioenroomsop, aangemaak met 1 koppie water en 1 koppie melk
1 blikkie geroomde sampioene
¼ koppie kookwater
¼ teelepel paprika
1 ui
1 tamatie
Sout en peper en meel
Olyfolie

Vryf die hoender in met 1 knoffelhuisie en sout en peper.

Rol die stukke in meel en braai dit dan bruin in olyfolie.
Pak dit in ’n bakskottel en strooi die paprika oor.

Braai die ui, tamatie en oorblywende knoffelhuisie in olyfolie vir 2 minute.
Gooi die mengsel oor die hoender.

Gooi die sampioene oor die hoender.
Laastens gooi jy die sampioenroomsop oor.

Bak by 180°C tot die hoender gaar is.

No comments :

Post a Comment