Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/10/2022

Potgebraaide lamsboud / Pot-roasted Leg of Lamb

’n ontbeende lamsboud
2 uie, in skywe gesny
1 eetlepel olie
2 selderystele, in stukke gesny
2 wortels, in ringe gesny
28 g beurre manié

Vulsel
225 g worsvleis
1 ui, fyngekap
1 eetlepel olie
2 stele pietersielie, fyngekap
1 eetlepel fyngekapte kruie
1 knoffelhuisie, fyngekap
Sout en peper

Berei de vulsel deur die olie te verhit en die ui daarin te braai tot sag.
Voeg die worsvleis, kruie en knoffel by. Geur met sout en peper.

Plaas die vulsel in die holte van die lamsboud en werk toe met tou of steek dit toe met penne.
Verbruin die blad in die olie in ’n kastrol.
Verwyder die blad en braai die groente bruin in dieselfde olie.

Gooi die oortollige olie af en plaas die blad op die groente. Maak die kastrol toe.
Maak gaar in ’n 150°C oond.

Haal die vleis uit en verwyder die tou / penne.

Verdik die sous met beurre manié of mielieblom.

No comments :

Post a Comment