Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/21/2022

Vars gebakte skelvis / Fresh Baked Haddock

’n klein skelvis, skoongemaak
¼ ui, fyngekap
Twee hande vol knopiesampioene, fyngekap
2 eetlepels botter
2 eetlepels gekapte pietersielie
Sout en gemaalde swartpeper
125 mℓ witwyn

Braai die ui en sampioene in die botter tot die ui deurskynend is.

Smeer ’n oondbak met botter.
Strooi die sampioen-mengsel in die bak.
Plaas die vis bo-op.
Bedek die vis met die res van die mengsel.
Geur met sout en peper en strooi die pietersielie oor.
Gooi die wyn in die bak.
Bak die gereg by 180°C tot die vis gevlok kan word met ’n vurk.

Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment