Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/02/2022

Reënboogforel met vermoet en amandels / Trout with vermouth and almonds

6 klein reënboogforelle, skoongemaak
50 mℓ meelblom

5 mℓ sout
2 mℓ paprika
100 g botter
10 mℓ suurlemoenskil, gerasper
4 piekeluie
50 mℓ grasuie, gesnipper
250 mℓ wit vermoet
Geblansjeerde splinteramandels

Meng die meel, sout en paprika.
Strooi dit oor die forelle.
Plaas die forelle in gebotterde oondbakke.

Verroom die botter met die suurlemoenskil en grasuie.
Verdeel in 12. Plaas een stukkie in die holte van ’n vis en besmeer die vis met ’n tweede stukkie.
Gooi die vermoet oor die visse.
Bedek met foelie en bak by 180°C vir 25 minute.

Verbruin die amandels. Bedien dit op die vis.

Bedien die forel saam met gebakte klein aartappels en ’n eenvoudige slaai.

No comments :

Post a Comment