Gebruik dit om die palaat te verfris tussen geregte of as nagereg.
250 g bevrore frambose
250 g bevrore aarbeie
¼ koppie heuning
Sap van ½ suurlemoen
3 koppies water
Gerasperde skil van 2 lemmetjies
Pols die vrugte, heuning, suurlemoensap en water in ’n voedselverwerker.
Meng die lemmetjieskil by met ’n lepel.
Gooi die mengsel in ’n 21 x 11 cm broodpan wat met kleefplastiek uitgevoer is.
Vries oornag.
Haal uit die vrieskas so 45 minute voor jy dit gaan voorsit.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment