Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/14/2022

Lamsvleis-en-tamatiekasserol / Lamb and Tomato Casserole

900 g lamsnek, in stukke verdeel en ingevryf met sout en peper en paprika
2 eetlepels botter
2 uie, in dun skywe gesny
500 g tamaties, geskil, pitte uitgedruk en opgesny
100 g pakkie tamatiepasta
3 eetlepels suurroom
1 eetlepel fyngekapte pietersielie

Verhit die botter in ’n vuurvaste kastrol en verbruin die vleis daarin.


Verwyder die vleis en braai die uie in die pot tot bruin.

Voeg die vleis terug in die kastrol en voeg die tamaties en tamatiepuree by.
Plaas die deksel op en kook stadig in ’n 135°C oond tot die vleis sag is – 1 tot 1½ uur.

Roer die suurroom by die vleissous net voor opdiening.
Skep die sous oor die vleis.
Strooi die gekapte pietersielie oor.

Die lamsvleiskasserol gaan goed saam met geroomde aartappels of gekookte aartappels en uie-ragoût. Dit kan ook met rys bedien word.

No comments :

Post a Comment