Jy kan ’n verskeidenheid van seekos gebruik vir die slaai. Die resep is genoeg vir 4 persone.
1 wortel, opgekap
1 selderystingel, opgekap
½ ui, opgekap
1 knoffelhuisie, opgeknap
Sout
225 g garnale
225 g steurgarnale
300 g rys
Sap van ½ suurlemoen
½ koppie olyfolie
Hand vol pietersielie, fyngekap
Varsgemaalde swartpeper
Bedek die wortel, seldery, ui en knoffel met water in ’n kastrol. Voeg sout by en bring tot kookpunt.
Voeg die garnale en steurgarnale by en kook liggies vir 10 minute.
Gooi die vloeistof af en behou.
Dop die garnale af en kap in stukke. Hou die steurgarnale heel.
Kook die rys in van die behoue vloeistof tot gaar.
Gooi die suurlemoensap, die olyfolie en baie varsgemaalde swartpeper oor die gaar rys.
Meng die garnale versigtig by.
Skep die rys op 4 borde en garneer met die steurgarnale en suurlemoenskyfies en strooi pietersielie oor.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment