Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/18/2023

Nartjieskil

Vroeër jare was ’n flessie met gedroogde nartjieskil ’n algemene gesig in ’n Afrikaanse kombuis. Verskeie disse is daarmee gegeur. ’n Stukkie is ook in ’n teeblik geplaas om ’n ligte sitrusgeur aan ’n koppie tee te gee.

Die skil word in repe van die nartjie afgeskil en in die songedroog. Wanneer dit goed droog en hard is word dit in ’n digte fles gebêre. Lemoenskil kan ook so bewaar word.

No comments :

Post a Comment