Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/25/2023

Vinnige klapperys met net 3 bestanddele

1 blikkie kondensmelk
3 pakkies (200 g elk) droë klapper
1 druppel voedselkleursel (kies jou eie kleur, rooi, blou, groen of pienk)

Meng die kondensmelk en klapper in ’n bak. Dit sal ’n baie stywe mengsel wees.

Vou die kleursel by die res van die bestanddele.

Druk die mengsel in ’n gevoerde, reghoekige 36 x 22 cm bakplaat.

Laat dit stol op ’n koel droë plek vir minstens ’n uur.

Sny en sit voor.

Die resep maak (vinnig) ongeveer 28 blokkies klapperys.

No comments :

Post a Comment