Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/01/2023

Plaatkoek

60 g botter
250 mℓ melk
3 ekstra groot eiers
470 mℓ suiker
520 mℓ koekmeelblom
20 mℓ bakpoeier
9 mℓ vanieljegeursel

Gebruik ’n oondpan of 2 ronde koekpanne (23 cm deursnee). Voer die boom van die pan uit met waspapier en smeer die kante van die pan met botter.

Verhit die botter en melk saam tot kookpunt.

Klits die eiers en suiker tot lig en die suiker opgelos is.

Sif die droë bestanddele saam en vou dit by die eiermengsel. Gooi die melkmengsel bietjie vir bietjie by. Vou dit deeglik, maar liggies in.
Gooi die beslag in ’n pan.

Bak 20 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C.

Laat die plaatkoek in die pan afkoel. Keer dit dan uit op ’n skinkbord waarop ’n droë doek geplaas is en dop dit dan om op ’n skinkbord of bakplaat.

No comments :

Post a Comment