Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/08/2023

Franse uie pasta / French Onion Pasta

Ja, Franse uie pasta, soos die sop, net pasta.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

4 eetlepels botter
2 uie, in dun halwe ringe gesny
4 knoffelhuisies, in skyfies gesny
¼ koppie sjerrie
2 koppies witwyn
3 takkies tiemie
500 g rigatoni
3 koppies groenteaftreksel
2 teelepels Worcestershire sous
½ koppie gerasperde parmesaan
’n koppie room

Smelt die botter in ’n swaarboompot en voeg die uie by.
Plaas die deksel op en kook oor medium hitte vir 5 minute.

Stel die hitte op laag en haal die deksel af. Laat die uie karamelliseer vir 15 minute.



Voeg die sjerrie, witwyn, tiemie en knoffel by.
Daarna voeg jy die aftreksel, Worcestershire sous en pasta by en stel die hitte weer op medium.
Laat dit kook vir 15 minute. Maak seker die pasta brand nie aan nie en roer dit af en toe om seker te maak die pasta raak eweredig gaar.
Die sous moet goed afkook.



Verwyder die tiemie en voeg die room en parmesaan by. Roer deur tot dit goed vermeng is.



No comments :

Post a Comment