Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/31/2023

Hoender béarnaise

Die sous is nie ’n klassieke béarnaise nie, maar die resultaat is baie dieselfde. Sien die Kookkuns Woordeboek vir ’n definisie van béarnaise.

450 g Hoenderporsies
60 g botter
1 ui, in skywe gesny
110 g gerookte ham, in blokkies gesny
8 jong geelworteltjies, in kwarte gesny
’n glas witwyn
3 tamaties, geskil, ontpit en opgesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk saam met sout
Sout en peper
Gekapte pietersielie vir garnering

Braai die hoender stadig in die botter in ’n kasserol tot bruin en verwyder.

Plaas die uie en ham in koue water en bring dit tot kookpunt. Dreineer dit dan dadelik.

Blansjeer die wortels.

Pak die wortels in die kasserol.
Pak dan die hoender, uie en ham bo-op.
Gooi die wyn oor en geur met sout en peper.
Plaas die deksel op en plaas in ’n 180°C oond vir 1 uur.

Sit die tamatie en knoffel in die kasserol.
Plaas die deksel terug en los vir nog 15 minute in die oond.

Strooi die pietersielie oor net voor jy dit bedien.


(foto: Omar Mahmood)

No comments :

Post a Comment