Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/17/2025

Sardyne op avokado

Eenvoudige bestanddele wat ’n besondere ontbyt of ligte middagete maak.

BESTANDDELE
1 blikkie sardyne in tamatiesous
1 klein ui of salot, fyn gekap
2 tamaties, fyngekap
’n knippie borrie
’n teelepel gedroogde origanum
’n teelepel fyngedrukte knoffel
1 ryp avokado
2 snye rogbrood
Sout en peper, na smaak
Suurlemoensap

STAPPE
Meng die ui, tamaties, borrie, origanum, knoffel en sout en peper.

Voeg die sardyne by en meng liggies. Probeer om die vis nie te fyn op te breek nie.

Skep die avokado uit en maak dit fyn in 'n bak. Voeg 'n knippie sout en peper en 'n bietjie suurlemoensap by.

Rooster die brood tot goudbruin en bros.

Smeer die fyngemaakte avokado oor die twee snye roosterbrood. Bedek met lepels vol van die sardynmengsel. Strooi nog 'n bietjie sout en peper oor.

No comments :

Post a Comment