Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/23/2013

Wild sop

500 g wildsvleis - die afvalstukkies as die bok opgesny word werk net so goed – in klein stukkies gesny
250 g beesvleis, in dun skywe gesny
60 g varkvleis, in blokkies geknip
30 mℓ botter
1 wortel, fyngekap
1 witwortel, fyngekap
1 ui, fyngekap
1 stok seldery, fyngekap
1,7 liter vleisekstrak
1 bouquet garni
sout
varsgemaalde swartpeper
4 jenewerbessies
60 mℓ droë sjerrie
250 g borsvleis van die bok, gekook en in repies gesny

Smelt die botter in 'n soppot en gooi die stukkies wild, die varkvleis en die groente by. Braai tot bruin.

Voeg die vleisekstrak en beesvleis by.
Plaas ook die bouquet garni in die pot en voeg die sout, peper en jenewerbessies by. Prut alles saam oor lae hitte vir 2 uur.
Indien die vloeistof te veel wegkook kan jy water byvoeg.

Skep enige vet af en gooi die sop deur 'n fyn sif.
Gooi die vloeistof in 'n skoon pot saam met die sjerrie en die borsvleis. Kook stadig tot alles goed verhit is en bedien dadelik.

Die resep is genoeg vir 8 persone.

No comments :

Post a Comment