Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2025

Uiesop / Soupe à l’oignon

Die geheim van ’n goeie uiesop is dat die uie lank en stadig kook in die botter en olie en dan lank prut in die aftreksel. Jy moet jou regmaak vir ’n resep van 2½ uur. Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.

BESTANDDELE
759 g uie, in dun skywe gesny
3 eetlepels botter
1 eetlepel olie
1 teelepel sout
¼ teelepel suiker
3 eetlepels meel
1,8 liter kokende bouillon
½ koppie witwyn
3 eetlepels brandewyn
Franse brood, in die oond gerooster
Parmesaan

STAPPE
Kook die uie stadig in ’n swaarboom kastrol vir 15 minute met die deksel op.

Verwyder die deksel en roer die sout en suiker by. Kook vir 40 minute, terwyl jy af en toe roer. Die uie moet ’n eweredige bruin kleur hê.

Strooi 3 eetlepels meel oor en roer vir 3 minute.

Verwyder van die hitte en roer die bouillon by. Maak dit dan fyn met ’n voedselverwerker.
Voeg die wyn by en nog sout en peper na smaak. Prut vir ’n verdere 40 minute.
Pas die sout en peper weer aan.

Net voor jy dit bedien roer jy drie eetlepels brandewyn by.
Sny die brood in ringe en plaas ’n sny in elke sopbakkie.
Skep die sop oor die brood en rasper ’n bietjie parmesaan oor.


No comments :

Post a Comment