Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/13/2025

Heel gebakte tamaties / Tomates grillées au four

BESTANDDELE
Ferm, ryp, rooi tamaties, almal dieselfde grootte, maar nie baie groot nie
Sout en peper
Olyfolie
Fyngekapte kruie soos byvoorbeeld pietersielie of basiliekruid

STAPPE
Was en droog die tamaties.
Sny die stingels uit en los so 'n klein gaatjie as moontlik.
Strooi sout en peper in die gat.
Verf die tamaties met olyfolie en plaas hulle dan met die oop gat na onder in ’n pan. Moenie hulle teen mekaar druk nie.

Bak in die middelste vlak van ’n 200ᵒC voorverhitte oond vir ongeveer 10 minute. Hou hulle dop; hulle is gaar wanneer die skille effens breek, maar hulle moet nie so lank gebak word dat hulle bars nie.
Bedruip hulle met die pansappe. Geur liggies met sout en peper en strooi kruie oor. Bedien so gou as moontlik.
Hierdie tamaties is goeie versiering op 'n vleisbord, of rondom 'n bord groenbone.

No comments :

Post a Comment