Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/05/2026

Scarpetta

Scarpetta beteken letterlik "klein skoentjie" in Italiaans. Dit word gebruik om te beskryf hoe om 'n stukkie brood te gebruik om oorskietsous op 'n bord op te vee.

500 g kersietamaties
230 g mozzarella-balletjies
½ klein rooi ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 brandrissie, fyngekap
2 eetlepels ekstra suiwer olyfolie
Vars tiemie
1 teelepel balsamiese asyn
Sout en swartpeper
6 groot basiliekruidblare
ansjovisfilette (opsioneel)

Rooster die kersietamaties in 'n bakskottel met olyfolie, knoffel, ui, rooi soetrissie, brandrissie en tiemie teen 180°C vir 30 minute totdat dit bars.

Plaas die balletjies tussen die warm tamaties.
Plaas onder 'n voorverhitte warm rooster (rooster) vir 5 minute totdat die mozzarella borrel, effens goudbruin is en net begin smelt.

Bedien onmiddellik in die bakskottel met geskeurde korsbrood (suurdeeg, ciabatta of baguette) om uit te skep.

No comments :

Post a Comment