A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
- eau-de-vie [ou-de-wee]
- Frans vir brandewyn.
- eaux-de-vie [oe-de-wie]
- Frans vir brandewyn.
- Eccles cake
- ’n Ronde Engelse vrugtekoek.
- éclair [e-klêr]
- ’n Franse koekie van choux-deeg gevul met room of 'n soet vulsel en versier met sjokolade-fondant.
- écoissais [ei-kwa-sei]
- Frans vir "op die Skotse manier". Die woord word ook gebruik vir Skotse whisky.
- écrivesse [e-kre-wes]
- Frans vir kreef.
- edam
- ’n Bolronde, harde kaas wat oorspronklik in Edam, Nederland, gemaak is. (Edamse kaas, edammerkaas, edammer)
- edammer
- ’n Bolronde, harde kaas wat oorspronklik in Edam, Nederland, gemaak is. (Edamse kaas, edammerkaas, edam)
- edammerkaas
- ’n Bolronde, harde kaas wat oorspronklik in Edam, Nederland, gemaak is. (Edamse kaas, edam, edammer)
- Edamse kaas
- ’n Bolronde, harde kaas wat oorspronklik in Edam, Nederland, gemaak is. (edam, edammerkaas, edammer)
- edel laatoes (Noble Late Harvest)
- ’n Uitsonderlike soet witwyn wat nie elke jaar gemaak word nie. Dit bevat meer as 50 g/l suiker en word as superieur geklassifiseer.
- Edelpilz
- ’n Duitse bloukaas.
- edelvrot
- Die verrotting op druiwe, veroorsaak deur die swam Borytis cinera. Sommige persone beskou die wyn van hierdie druiwe as uiters gesog.
- Edinburg fog
- ’n Skotse nagereg van geklopte room gemeng met beskuitjies en gekapte amandel.
- eend
- ’n Swemvoël van die geslag Anas en die familie Anatidae met swemvoete, kort bene en ’n breë snawel.
- eetappel
- ’n Appel wat geskik is om rou te eet.
- eetdruiwe
- Druiwe wat bedoel is om geëet te word.
- eetgereedskap
- Breekware en messegoed wat by ’n maal gebruik word.
- eetgerei
- Breekware en messegoed wat by ’n maal gebruik word.
- eetkamer
- ’n Kamer waar maaltye genuttig word.
- eetlepel
- ’n Lepel omtrent twee maal so groot as ’n dessertlepel wat gebruik word om sop mee te eet of om kos in te skep.
- eetlepelvol
- Die inhoud van ’n eetlepel; 15 ml.
- eetmaal
- ’n Deftige maal.
- eetplek
- ’n Meestal openbare plek waar maaltye genuttig word.
- eetsaal
- ’n Saal waarin maaltye genuttig word.
- eetsalon
- ’n Eetvertrek, veral op ’n trein.
- eetservies
- Al die breekgoed wat by maaltye gebruik word.
- eetstokkies
- Spits stokkies wat deur die Oosterse volke gebruik word om voedsel na die mond te bring.
- eettafel
- ’n Tafel waaraan 'n mens vir maaltye aansit
- eetwa
- Spoorwa met eetsalon.
- églefin [e-ghle-vihn]
- Eglefin is Frans vir skelvis.
- égrappoir [e-ghra-pwa]
- ’n Druiwemeul waarmee die stingels van die mos en doppe geskei word. Beter bekend as ’n ontstingelaar.
- egte artisjok (globe artichoke)
- Lees artisjok.
- eier
- ’n Kiemsel met sy omhulsel wat as tafelgereg gebruik kan word.
- eier fu yong [foo joeng] (egg fu yong)
- ’n Chinese pannekoek voorgesit met met fu yong-sous gemaak van aftreksel, sojasous, sout, mielieblom en water.
- eier-en-roomsous
- ’n Wit Hollandaise-sous gemeng met geklopte room of koue mayonnaise. Ook genoem Mousseuse, Mousseline of eier-en-roomsous.
- eieralbumien (albumin)
- Die proteïen in eierwit. (eieralbumine)
- eieralbumine (albumin)
- Die proteïen in eierwit. (eieralbumien)
- eierbeskuitjie (macaroon)
- ’n Klein, ronde koekie met bitter amandels. (amandelkoekie, makrol, bitterkoekie)
- eierbrandewyn
- Advokaat is ’n likeur wat gemaak word met geklopte eiergeel, suiker en alkohol. Die bekendste handelsmerke is afkomstig van Nederland. Dit word gewoonlik voor of na ete bedien.
- eierfrikkadel (Scots eggs / Scotch eggs)
- Die eiers word hardgekook en dan omring met ’n mengsel van worsvleis en broodkrummels. Beter bekend as Skotse eiers.
- eiergeel
- Die geel van ’n eier.
- eiergeel-en-roomverdikker
- ’n Mengsel van eiergeel en room om byvoorbeeld sop mee te verdik.
- eierklitser (egg beater)
- ’n Toestel met ’n draaihandvatsel waarmee eiers geklits word.
- eierklopper (egg whisk)
- ’n Draaitoestel waarmee eiers geklop word.
- eierkoker (egg timer)
- ’n Toestel met ’n nou middel met sand wat loop van bo na onder in ’n spesifieke getal minute. Dit word gebruik om die gaarheid van eiers te bepaal. (sandloper)
- eierplant
- 'n Plant met groot, eiervormige, donkerpers vrugte wat as groente geëet word.
- eierpons (eggnog, eggflip)
- ’n Mengsel van eier en melk, geklits, gewoonlik met ’n bietjie suiker en geurmiddels.
- eiervla (egg custard)
- Vla gemaak van melk, eiers en suiker.
- eiervrug (aubergine, brinjal, eggplant)
- Vrug van die eierplant.
- eierwit (eggwhite)
- Die wit van ’n eier.
- eierweller (egg coddler)
- ’n Toestel waarin eiers baie stadig in water gaargemaak word tot sag.
- einback
- Einback is ’n soort soet gebak wat van gisdeeg berei en voor die bakproses in kluitjies gevorm word. Dit word met of sonder ’n vulsel bedien. (buchteln, wuchteln, ofennudeln, rohrnudeln)
- Eisbein
- ’n Duitse resep van gepekelde varkskenkel. Dit word gewoonlik voorgesit met sauerkraut.
Eisbein - eiwit
- Die wit van ’n eier.
- ekstra droog
- Verwys na wyn wat minder as 2,5 g/ℓ suiker bevat.
- ekstrak (extract)
- Word verkry van die vloeistof waarin vleis, vis, groente of vrugte gekook is.
- El Bulli
- ’n Restaurant in Roses, Spanje wat behoort aan die bekende sjef Ferrán Adrià. Dit is reeds meer as een keer aangewys as die beste restaurant in die wêreld.
- elachi (cardamon, cardamom, cardamum)
- Die aromatiese sade van ’n groen, wit of swart Indiese peulplant van die gemmer-familie. (kardemom, kardamon, elaichi)
- elaichi (cardamon, cardamom, cardamum)
- Die aromatiese sade van ’n groen, wit of swart Indiese peulplant van die gemmer-familie. (kardemom, kardamon, elachi)
- elberta
- ’n Groot perske met ’n uitstaande punt en geel, sappige vleis.
- elf
- ’n Stekelvinvis, Pomatomus saltator, met twee rugvinne. (sussie)
- Elsas
- ’n Streek in Frankryk, veral bekend vir wyn. In Frans is dit Alsace.
- Elsas-Lotharinge (Alsace-Lorraine)
- ’n Duitse streek met Straßburg (Straatsburg) as hoofstad.
- émincé [ei-maan-sei]
- Frans vir ’n dun sny vleis in sous.
- émincer [ei-maan-sy]
- Frans vir om dun te sny.
- Emmental (Emmenthal cheese)
- ’n Ivoorkleurige Switserse kaas vol gate vernoem na die Emme-vallei in die Bern-Kanton. Die kaas word vir 6 tot 12 maande lank verouder. ’n Emmental uit Switserland het gewoonlik die woord “Switserland” daarop gedruk in rooi ink. (Emmenthal-kaas, Emmenthaler)
- Emmenthal-kaas (Emmenthal cheese)
- ’n Ivoorkleurige Switserse kaas vol gate vernoem na die Emme-vallei in die Bern-Kanton. Die kaas word vir 6 tot 12 maande lank verouder. ’n Emmental uit Switserland het gewoonlik die woord “Switserland” daarop gedruk in rooi ink. (Emmental, Emmenthaler)
- Emmenthaler (Emmenthal cheese)
- ’n Ivoorkleurige Switserse kaas vol gate vernoem na die Emme-vallei in die Bern-Kanton. Die kaas word vir 6 tot 12 maande lank verouder. ’n Emmental uit Switserland het gewoonlik die woord “Switserland” daarop gedruk in rooi ink. (Emmental, Emmenthal-kaas)
- empanada
- ’n Amerikaanse pasteitjie van vleis, uie, droëvrugte, olywe en eiers. Dit word normaalweg as voorgereg bedien. (empanaditas)
- empanaditas
- ’n Amerikaanse pasteitjie van vleis, uie, droëvrugte, olywe en eiers. Dit word normaalweg as voorgereg bedien. (empanada)
- en accolade [an a-koe-lad]
- Dit beskryf die bediening van twee soortgelyke disse op een bord wat teen mekaar leun. Normaalweg word vleis so bedien.
- en aumonière [an ou-moen-jer]
- Die beskrywing word gebruik by ’n spesifieke appelkoos nagereg. Die appelkose word gevul met suiker, toegevou in pasteideeg, gebak, bedien saam met ’n warm appelkoossous en gegarneer met geroosterde amandels.
- en bellevue [an bel-woe]
- Die beskrywing word gebruik vir koue gestolde disse van seekos of pluimvee.
- en Buisson [an bie-son]
- Die beskrywing word gebruik vir koue gestolde disse van seekos of pluimvee.
- en cabessal [an kê-bê-sal]
- ’n Franse beskrywing vir ’n spesifieke voorbereiding van haas, waar die haas so vasgebind word dat dit in ’n ronde pot pas.
- enchilada [en-tjie-la-da]
- ’n Mexikaanse gebraaide tortilla, gevou en met een gevul met een van verskeie mengsels.
- engelhaai
- ’n Soort haai of die helderkleurige vis Brama raii. (engelvis, monk) Dit kom net voor aan die Suid-Afrikaanse kus, tussen Mosselbaai en Delagoabaai.
- engelhaarpasta
- ’n Woord wat ons by die Nederlanders gekry het vir vermicelli, lang, fyn drade pasta.
- engelkruid (lovage)
- ’n Aromatiese plant wat in kos en drank gebruik word. Die plant is oorspronklik van die Skandinawiese lande. (angelika, engelwortel, lavas)
- engelruitertjies (angels-on-horseback)
- Oesters opgerol in repe spekvleis en dan gebak of gerooster. (oester-en-spek vleisrolletjies)
- Engelse bier
- ’n Afrikaanse benaming vir ale. (pompwater)
- Engelse ontbyt (English breakfast)
- Dit sluit omtrent altyd die volgende in: eiers, spek, tamatie en roosterbrood. Dit kan ook die volgende bevat: vrugte, pap, worsies, kitsery of gerookte southarings en tee of koffie.
- engelvis
- ’n Soort haai of die helderkleurige vis Brama raii. (engelhaai, monk) Dit kom net voor aan die Suid-Afrikaanse kus, tussen Mosselbaai en Delagoabaai.
- engelwortel (angelica)
- ’n Aromatiese plant wat in kos en drank gebruik word. Die plant is oorspronklik van die Skandinawiese lande. (angelika, engelkruid, lavas)
- Enoki
- ’n Sampioen met ’n delikate voorkoms.
- enrollada [ehn-rou-la-da]
- ’n Mexikaanse tortilla soortgelyk aan ’n enchilada.
- ensiem
- ’n Organiese stof wat bepaalde stowwe in die liggaam kan omsit in ander.
- entrecôte [aan-tre-kot]
- Frans vir tussen die ribbes.
- entrée [aan-tree] (third course, main dish)
- Frans vir die eerste gereg van ’n maaltyd wat die hoofgereg voorafgaan. Meer spesifiek word dit tussen sop en ’n hoofgereg bedien. (voorgereg)
- entremets [aan-tre-me] (dessert, sweets, side dish)
- Frans vir nagereg of ’n bykos. Tradisioneel het entremets enigiets ingesluit wat na die vleisgereg voorgesit is. Selfs die vermaak verskaf tydens die maaltyd.
- epicé [e-pie-sy]
- Frans vir sterk spesery.
- epicé fines [e-pies fien] (mixed herbs)
- Frans vir gemengde speserye.
- épaule [e-pohl]
- Frans vir skouer of blad.
- épigramme [e-pee-ghram]
- Frans vir lamsvleis van twee snitte: ’n kotelet of tjop, en ’n snit borsvleis; gewoonlik gedoop in eier en gerol in krummels en in ’n pan gebak of gerooster.
- epikuris (epicure)
- Iemand wat van goeie kos en wyn hou en gewoonlik spesiale kennis daarvan het. Beter bekend in Afrikaans as ’n fynproewer.
- épinard [e-pee-naar] (spinach)
- Frans vir spinasie.
- Eringii
- ’n Sampioen met baie vleis, veral geskik vir hoendergeregte.
- ertappel
- ’n Plant, Solanum tuberosum, met onderaardse knolle wat as groente gebruik word.
- ertesop
- ’n Sop van (droë) ertjies of ertjiemel gemaak.
- ertjie (pea)
- ’n Ronde, eetbare saadkorrel in die peulvrug van 'n rankplant. Die woord kan ook verwys na die plant wat die saad voortbring.
- ertjiepeul (peasecod)
- Die peul van ’n ertjie.
- ertjiepoeding (pease pudding)
- ’n Puree van gekookte droë ertjies, gemeng met botter en eier. Normaalweg word afsonderlike poedings gekook en saam met varkvleis voorgesit.
- ertjiesop
- ’n Sop van (droë) ertjies of ertjiemel gemaak.
- erwtensoep (Dutch Pea Soup)
- ’n Dik Nederlandse ertjiesop gemaak van varkvleisaftreksel, uie en tiemie.
- escalope [es-ka-lop]
- ’n Franse woord vir ’n dyn snytjie vleis (gewoonlik kalfsvleis) of vis wat plat geklop word, in eier en krummels gedoop en gerol word en dan vlak gebraai word. (collop)
- escargot [es-kar-ghou] (snail)
- Frans vir slak.
- escarole [es-ka-rol]
- Frans vir groente met breë krulblare, bv. sigorei en andyvie. (scarole)
- Escoffier [es-koh-fee-er]
- ’n Franse handelsnaam vir ’n sous wat in flesse verkoop word. Dit is ook die naam van Auguste Escoffier, die bekende Franse meesterkok na wie talle geregte vernoem is.
- esdoring (maple)
- ’n Stroop gemaak van die sap van sekere esdorings.
- esdoringstroop (maple syrup)
- ’n Stroop gemaak van die sap van sekere esdorings.
- Eskimo Pie
- Roomys met ’n sjokolade-dop.
- espadon [es-pa-dohn]
- Frans vir swaardvis.
- Espagnole-sous [es-pan-jol]
- Frans vir ’n ryk bruinsous wat dikswels die basis vorm van klassieke soutgeregte. Vertaal beteken dit Spaanse sous.
- espetada [es-pe-ta-da)
- ’n Portugese gereg bestaande uit blokkies vleis en lourierblare wat op sosatiestokkies geryg en dan gerooster word.
- espresso
- Espresso is donker geroosterde koffie wat stadig in gekonsentreerde vorm getrek het.
Hoe om espresso te maak. - essens (essence)
- Gekonsentreerde vloeibare ekstrak.
- etensklok
- ’n Klok wat gelui word om aan te kondig dat die ete gereed is.
- étouffé [ei-toe-wei]
- Frans vir smoor.
- étuver [ei-tu-we] (braise)
- Om voedsel in ’n bietjie botter of olie in ’n pan/kastrol met ’n deksel op gaar te maak.
- Eve’s pudding
- Snye appel met naeltjies, bedek met ’n sponskoeklaag.
Wynwoordeboek
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
No comments :
Post a Comment