Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/07/2008

Nougat

Kook 250 g heuning en 250 g suiker saam tot die suiker gesmelt het - tot by 129°C.
Voeg 1 eetlepel lemoenblomwater en die styfgeklopte wit van 1 eier by.
Smelt oor lae hitte en roer aanhoudend - tot by 109°C.
Voeg nou 500 g gekapte amandels by wat jy geblansjeer, gedroog en toe verhit het voor jy dit fyn gekap het.

Gooi die mengsel in 'n plat bakplaat wat met ryspapier uitgevoer is. Plaas ryspapier ook bo-op en plaas 'n gewig soos 'n broodplank bo-op.

Sny terwyl dit nog effens warm is.

2 comments :

  1. Baie dankie, maar waar kry ek ryspapier?

    ReplyDelete
  2. Anonymous11/2/11 10:32

    Supermark of bakwinkel

    ReplyDelete