Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/17/2024

Maklike yskas kaaskoek - beskuitjie kors en kondensmelk, maaskaas en room vulsel / Easy Fridge Cheesecake

Kaaskoek met kondensmelk.

Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies
100 g gesmelte margarine
Maak beskuitjies fyn en meng met gesmelte margarine. Druk vas in tertbak en los in yskas.

Vulsel
1 blik kondensmelk
250 g maaskaas
75 ml suurlemoensap (of bietjie meer)
1 teelepel vanielje essens
250 ml vars room

Meng kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap en essens.
Voeg styfgeklopte room by en meng liggies.
Gooi in tertbord, en laat goed koud word in die yskas (vir ten minste 4 uur lank)

Opsionele "Topping"
1 blikkie vrugte (Youngberries, appelkosies ens)
1 teelepel maizena
Verdeel vrugte en die sap
Rangskik vrugte bo-op die kaaskoek
Maak pasta met sap en maizena, en bring tot kookpunt totdat dik
Koel af en skep met lepel oor vrugte.
Verkoel verder in yskas totdat tert gestol is.
resep: Linda Malherbe




Yskas kaaskoek, kaaskoek met maaskaas - kaaskoek resep.

10 comments :

  1. Baie dankie vir hierdie resep. My oorlede moeder het dit altyd gemaak en na 'n trekkery het ek die resep verloor.

    ReplyDelete
  2. Replies
    1. Alles moet koud wees as jy dit saam meng

      Delete
    2. Anonymous31/7/22 20:08

      Alles gedoen soos op resep en my tert het ook nie gestol nie.

      Delete
  3. My gunsteling resep. Ek los die vanielje essens uit. Yummy!

    ReplyDelete
  4. Kan ek plain yogurt in plek van maaskaas gebruik?

    ReplyDelete
  5. Maak n pakkie pynappel jellie met 1 koppie kookwater aan laat afkoel en meng met maaskaas mengsel,stol altyd

    ReplyDelete
  6. Ek meng n pakkie suurlemoen of pynappel jellie saam. Sit net min kookwater by jou jelly tot dit gesmelt is en voeg dan by jou mengsel voor jy jou room bysit.

    ReplyDelete
  7. Anonymous25/6/23 09:14

    Ek het gister die resep gemaak vir my gaste almal het my gevra vir die resep ek moet hom weer maak vandag 😅 verseker die lekkerste kaaskoek resep ek het wel ‘n lagie caramel sous oor gegooi en PS caramel chocolate oor gerasper 😊

    ReplyDelete
  8. Anonymous6/7/23 12:12

    Hoeveel mense kan ek bedien met hierdie resep?

    ReplyDelete