Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2008

Buffet

So slaan jy ´n buffet aanmekaar:

Vir die somer: Koue vleis - asseblief nie die wat jy koop nie- Bak jou eie varkboud, skaapboud, gerookte varkboud/nek en gekruide hoender.

Voorgereg: Dit kan vekieslik reeds op die gedekte tafels gesit word.
Vars vrugte in stukkies gesny en in sosatiestokke geryg. Bedien met bietjie room bo-oor. Om mooi te laat lyk sprinkel versiersuiker rondom die sosatie in bordjie.

Hoofgereg: Vleis (Van die vleise kan ook warm bedien word saam met warm groente.)
Blomkool en spruitkool saam gekook - net tot gaar nie pap nie. Verkieslik gebak in oond met groentesout oor - los uit die witsous asseblief. Gooi liewers wortelrepies(Jullienrepies) bo-oor en bak saam met die kool. Dit kan warm of koud bedien word.
Kook rys en laat afkoel- Meng blikkie gekapte pynappel-sonder sous- gaar ertjies en gekapte neute daarmee. Kan warm of koud bedien word.

Uitpak slaai: Tamaties, komkommer, blaarslaai, radyse, feta kaas en olywe. Sit slaaisous apart voor.
Piesang- en eierslaai: Sny piesangs in ringe en voeg gekookte eier wat in skyfies gesny is by en meng met mayonaise.
Aartappel- en sampioenslaai: Kook baba aartappels in skil tot gaar maar nie pap nie. Neem blikkie gesnipperde sampioen in room. Hol aartappel uit en meng die aartappelvleis met sampioene. Vul die aartappels. Warm of koud. Pak in mooi bord en gooi gekapte pietersielie bo-oor. Klein gekleurde uitjies kan ook op die aartappel gesit word. Dit lyk mooi en smaak lekker.

Gesondheidsbrood: ´n Paar skywe gesny maar los op broodbord met ´n mes sodat mense self die brood kan sny. Sit voor met REGTE botter en twee konfyte en gerasperde kaas.

Nagereg kan jy ´n gebakte poeding met val of roomys voorsit.

Met Koffie: Soutbeskuitjies en verskillende kase.

Probeer een van hierdie resepte maar moenie te veel goed voorsit nie. Jy gaan baie moeg wees met die ete en eintlik moet jy dit ook geniet:

Aspersies in bottersous
Kiwi-kaaskoek
Bloukaas pastaslaai
Tipsy tert
Gemmerheuning lamsboud

No comments :

Post a Comment