Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2008

Wortelkoek / Carrot Cake


500 ml meel 10 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
5 ml sout
500 ml gerasperde wortel
125 ml neute, gekap
10 ml kaneel
500 ml suiker
250 ml olie
4 eiers
1 klein blikkie fyn pynappel
Vulsel:
110 ml botter
375 ml versiersuiker
100 ml geroomde kaas
5 ml vanielje

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam. Voeg dan die suiker, olie en eiers by en meng goed. Voeg die wortel, gedreineerde pynappel en neute by en meng goed. Sit in 3 koekpanne wat gesmeer is en bak teen 350 180ºC vir 40 minute of tot gaar. Koel af en versier met die vulsel. Die bestanddele hiervoor moet goed gemeng word.

2 comments :

  1. Anonymous19/7/11 11:22

    Ek is seker die temperatuur is seker 350 Fahrenheit en nie Celcius nie? My oond kan nie eens so warm stel nie?

    ReplyDelete
  2. Anonymous15/2/12 19:21

    Dit is baie lekker ek het piesang bygevoeg na ñ dag se oor staan is dit ryk probeer gerus

    ReplyDelete