Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/28/2010

Herderspastei / Sheperd’s Pie / Cottage Pie

1 ui, fyngekap
olie
500 g maalvleis
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel
60 ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
50 ml suurroom
50 ml Cheddarkaas, gerasper
paprika

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Bespuit 'n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.

Soteer die ui in olie tot sag.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Voeg die tamatie by en geur met sout en peper.
Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur.
Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.

Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag.
Dreineer en druk goed fyn.
Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur.

Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel.

Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

2 comments :

  1. In Engels word Shepherds Pie gemaak met lams maalvleis en Cottage Pie met bees maalvleis. Dui ons 'n verskil in Afrikaans aan of is altwee maar Herderspastei?

    ReplyDelete
  2. Anonymous29/3/10 11:54

    Interessante vraag. Volgens Kookkuns se woordelys is ’n herderspastei (of herderpastei) net gemaak van gemaalde vleis en aartappel.
    'n Cottage pie word onder andere ook 'n herderspatei genoem in Afrikaans. Dit staan ook bekend as 'n aartappelpastei of 'n boerepastei.

    ReplyDelete