Dit was waarskynlik tydens die Nederlandse besetting van Java wat hierdie slaai na Suid-Afrika ingevoer is. Die Suid-Afrikaanse weergawes het baie in gemeen met die sambals wat in Maleisië gemaak word.
3 rooi uie, in mediumgrootte stukkies gesny
3 tamaties, in mediumgrootte stukkies gesny
5 ml sout
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
5 ml bruinsuiker
3 groenrissies, ontpit en fyn opgesny
½ komkommer, in mediumgrootte stukkies gesny
’n skeut suurlemoensap
’n hand vol vars koljander, fyn opgesny
Meng al die bestanddele saam en bedien.
(Sien ook uie sambal.)
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment