Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/16/2010

Brioche

Hierdie is ’n klassieke Franse resep vir brioche.

Laat ’n koppie botter sag word by kamertemperatuur.

Verkrummel 8 g bakkersgis en meng dit met ’n eetlepel warm water.

Meng 15 g suiker, ’n knippie sout en 2 eetlepels koue melk.

Sif 250 g meel.
Maak ’n holte in die middel van die meel en gooi die gis en 1 eier in die holte.
Werk ’n bietjie meel by en meng.
Maak weer ’n holte en gooi die suikermengsel en nog ’n eier daarin.
Meng nou alles goed saam tot dit ’n gladde, elastiese deeg vorm.



Breek ⅓ van die deeg af en meng dit met die sagte botter.
Werk nou nog ⅓ van die deeg by en werk goed bymekaar.
Werk die laaste ⅓ by.

Plaas die deeg in ’n 2 liter houer en bedek met ’n doek.
Laat dit op ’n warm plek staan om te rys tot dit verdubbel het; ongeveer 3 ure.

Deel die deeg in drie dele.
Knie elke deel liggies en laat dit weer rys vir 3 ure.

Laat die deeg nou in ’n koel plek rus vir 3 ure.

Nou is die deeg reg om gevorm en gebak te word.

Die oondtemperatuur en baktyd sal wissel na gelang van die vorm en grootte van jou brioche. Oondtemperatuur sal wissel van 200ºC - 230ºC. Baktyd sal wissel van 15 minute tot 30 minute.


(foto Sebastian Fischer)

No comments :

Post a Comment