Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/17/2010

Mousse de Foie Gras en Brioche

Hierdie klassieke, Franse lekkerny is ’n mengsel van eendelewerpatee en brioche, daardie lekker sagte brood.

4 eetlepels room
225 g geblikte pâté de foie gras (eendelewerpatee)
4 eetlepels brandewyn
2 eetlepels gekapte, vars pietersielie
50 g fyngekapte sampioene
100 g botter
sout
varsgemaalde swartpeper
brioche deeg
1 eiergeel
’n klein bietjie melk

Klop die room styf.

Meng die pâté, brandewyn, pietersielie en room in ’n voedselverwerker.

Braai die sampioene in die botter oor lae hitte vir 5 minute tot goudbruin.
Geur met sout en peper.
Roer die sampioene en die pâté-mengsel bymekaar.
Laat dit teen kamertemperatuur staan vir ’n uur.

Voer ’n broodpannetjie uit met brioche-deeg. Die deeg moet so 4 cm dik wees en 2,5 cm oor die kant hang.

Vorm die mousse de foie gras in ’n bal en plaas in die middel van die deeg.
Vou die deeg om die pâté.

Vorm nog ’n bal uit (’n koppie) brioche-deeg en plaas dit op die pâté-bal.
Laat die brood op ’n warm plek staan, sodat die deeg kan rys.

Verf nou die boonste oppervlakte van die deeg met die eiergeel wat jy ’n bietjie verdun met die melk.
Bak in ’n 230ºC oond tot die brioche bruin is.

Laat die brood afkoel voor jy dit uit die pan haal.
Die mousse de foie gras en brioche kan warm of koud bedien word.

No comments :

Post a Comment